Inleiding Nuus Foto's Kontak Ons In Memoriam Skakels


Skoolwapen Roodies78


Inleiding                                  Bo

Hallo daar en welkom by ons eie webwerf. Susan Lucas aan die woord hier. Ons het besluit dis hoog tyd dat ons oldies die nuwe tegnologie tot ons voordeel inspan. Op hierdie manier kan ons meeste mense op hoogte hou van sake.

Hierdie werf is geskep vir Die Klas van '78. Sodat ons kan inligting uitruil, kontak hou, en om die volgende reunie te begin beplan. Dit voel soos gister wat ons laas by mekaar gekom het, en dis al klaar weer amper sulke tyd. Volgende jaar is dit 25 jaar. Sjoe, waar is die tyd heen! Die Skool word ook 50 hierdie jaar, en hulle beplan blykbaar 'n groot fees. Meer hieroor op die Nuus bladsy.

Ons be-oog om die werf soort van as 'n sentrale kontakpunt te gebruik. Eben en Martie het 'n redelik volledige databasis saamgestel met die vorige reunie, maar daar is nog baie gaatjies was ingevul moet word. Dit is 'n reuse taak, en ek beny hulle dit nie. Die een moontlikheid is dat ons hierdie databasis oplaai na die werf toe, en dat almal wat nuwe info het dit vir my stuur. Ek sal dan die databasis opdateer. Ons kan hierdie bladsy in 'n wagwoord-beperkte area opstel, sodat al ons kontakinformasie nie vir elke Jan Rap en sy maat beskikbaar is nie. Hoe voel julle daaroor? Laat my gerus weet.

Die skakels hierbo sal julle na die betrokke bladsy toe neem. Kom loer gereeld in om te kyk of iets nuuts bygevoeg is.



Nuus                                        Bo

Alles wat nuuswaardig is sal op hierdie bladsy te vind wees. Troues, kinders, prestasies, enigiets wat julle as nuuswaardig beskou. Vertel my daarvan, en ek voeg dit by. Natuurlik is die nuus net so op datum as wat julle dit maak.

Foto's                                     Bo

Die begin van ons web-album is gemaak, gaan kyk gerus.

Gaan soek asseblief deur al julle ou bokse foto's, hier is plek vir sommer baie! Foto's in digitale formaat sal natuurlik beste wees, maar as julle nie toegang het tot 'n skandeerder nie, kan julle maar die foto's aan my stuur. Ek sal hulle skandeer en veilig terugstuur. Hulle moet natuurlik duidelik gemerk wees, sodat ek die korrekte byskrifte kan bysit.

Kontak Besonderhede            Bo

Ek gaan die bladsy met die wagwoord hier sit, sodat elke Jan Rap en sy maat nie by ons persoonlike data kan uitkom nie. *G*

Ons gashere, virafrikaans, bied ook 'n onbeperkte aantal e-posbusse by ons domein. Ek gaan probeer om dit so op te stel dat elkeen wat graag wil, 'n e-pos adres hier kan kry. Dit sal dan wees jounaam@roodies78.virafrikaans.com. Grênd, ne!

In Memoriam                          Bo

Hierdie bladsy sal gewy word aan ons ontslape klasmaats.

Skakels                                   Bo

Skakels wat van belang is vir ons, of sommer net interessante werwe. Laat my weet, en ek voeg hom by.


Inleiding   Nuus   Foto's   Kontak Ons   In Memoriam   Skakels


Moenie vergeet om ons gasteboek te teken nie.
Of gaan hiernatoe as jy eers die gasteboek wil lees.


Alles op hierdie webwerf is ©2001 & 2002 Su Lucas Enterprises Inc.  Rapporteer asseblief enige probleme op hierdie bladsye aan die Webmistress.

Hier was al
besoekers by Roodies78 sedert 17 April 2002.